Limpopo 4×4 Veldren streekfinale
Die Limpopo Veldren Uitdaging is besig om voor te berei vir die laaste twee streekfinale wat in Mpumalanga en die Limpopo Provinsies gehou gaan word. Sewe van die uitdunne is reeds afgehandel.
Die Limpopo Veldren Uitdaging vind plaas van 26 tot 29 Januarie by die Alkamaar 4×4 baan in Schagen, Mpumalanga. Die eerste- en tweede fases van die uitdunne vind op Saterdag, 28 januarie plaas.
Hierdie unieke veldren motorsport sal die Limpopo verteenwoordigers in ‘n een-dag oefening kies en alle belangstellendes word aangemoedig om hul veldren tegnieke te oefen ter voorbereiding.
Die Limpopo Veldren is huidig is sy derde jaar en is die enigste 4×4 wedren wat deelnemers uit een van elke provinsie in Suid-Afrika verseker. Die doel van die streekuitdunne is om twee spanne van elke provinsie te kies wat die provinsie sal verteenwoordig. Enige persoon wat ‘n 4×4 besit, is welkom om te probeer kwalifiseer.
Die twee spanne wat slaag, sal automaties kwalifiseer om aan die semi-finale deel te neem wat van 3 tot 5 Maart gehou word. Van daar sal die deelnemers gehalveer word en sal daardie spanne na die finale deurdring wat van 4 tot 8 April plaasvind.
Aangesien Limpopo Parke en Toerisme hierdie kompetisie aanbied, is alle oë op Limpopo gerig. Belangstellende deelnemers kan meer besonderhede kry by
www.golimpopo.com of kan vir Tanya van der Merwe, projekleier, kontak by 082 560 8697.