Entertainment

Min daag op maar hope pret met braaikompetisie

THABAZIMBI – Die braaikompetisie wat Saterdag tydens die Thabazimbi Skou aangebied is het nie veel deelnemers gelok nie maar die wat daar was het net soos vorige jare hulself baie geniet.
Die “Work It” span van Thabazimbi Motors het vanjaar met die loure weggestap met hulle heel fillet. Tweede was die span van Die Kwêvoël en derde was die Madottas. Sommige vure het reeds van vroegmiddag af gebrand soos daar geswoeg is om die regte kole bymekaar te kry. So tussendeur is daar so ‘n bietjie oor en weer gekuier en afgeloer wat die ander spanne nou eintlik mee besig was. ‘n Paar spioene is ook bespied maar aangesien die bestanddele so basies was, was daar nie eintlik veel geheime om te steel nie.