Bosveld Musiekfees 2005
POTGIETERSRUS – Die Bosveld Musiekfees is in 2004 vir die eerste maal op Potgietersrus gehou.
Na afloop van die fees het die organiseerders verskeie navrae ontvang oor ‘n moontlike opvolg van die fees. Die goeie nuus is dat daar weer ‘n fees oppad is vir 2005.
Hierdie jaar se fees vind plaas op Saterdag 4 Junie en weer op dieselfde terrein waar dit in 2004 gehou is, naamlik die Potgietersrus Rugbyklub. Dit sal weereens ‘n buitelug optrede wees en van die land se heel beste kunstenaars is reeds gekontrakteur. Die kunstenaars sluit in Kurt Darren, Die Campbells, Pieter Smith, Mel Botes, die jong groep Hi-5 en nog vele meer. Die beste van alles is dat jy ‘n hele dag se musiek kan geniet vir die koste van wat jy gewoonlik vir een kunstenaar van hierdie kaliber moet opdok.
Behalwe vir die musiek sal daar ook verskeie uitstallers wees, asook kos en drank van alle soorte. Die kinders sal ook nie een verveelde oomblik beleef met vermaak wat insluit ‘n reuse glybaan asook ‘n pretpark.
Kom geniet gerus ‘n dag enig in sy soort in die Limpopo provinsie.
Volle besonderhede sal binnekort bekend gemaak word. Skakel gerus vir Hendrik by 082 440 8038 vir meer inligting.