Dagsorgsentrum hou “Fancy Dress”
THABAZIMBI – Die Eveline Putter Dagsorgsentrum het weer groot vermaak gehad met hul “Fancy Dress” wat ten bate van die Huis Prinsloo kinderhuis in Rustenburg gehou is.
Die kinders het hulle opgetof en die mammas het ook hulle deel gedoen deur ‘n modeparade aan te bied. Die verrigtinge, wat in die Hervormde Kerk, Vliegpoort aangebied is, is afgesluit met ‘n heerlike vingerete.