Blommetjie gedenk aan my
THABAZIMBI – Die vlamrooi blommetjie het sy oorsprong op die plaas, Brakvallei in die Thabazimbi distrik. Mnr Piet van Schalkwyk, eienaar van Brakvallei het na die ontdekking, wat deur Mnr AS Berga gemaak is vroeg in 2002, die Common Royal Botanic Garden in Edenburgh, Skotland, genader vir meer inligting aangaande hierdie klein rotsgroeiende blom. Die voorreg om die plantjie te doop het in Mnr Berga se skoot geval, toe hulle verneem het dat dit nog ‘n ongeïdentifiseerde plant is. Vandag heet die plantjie, Jamesbritteniabergae, soos opgeteken in Bothalia, Journal of Botanical Research.