General

Lyon Lodge vir die beste “sundowner”

THABAZIMBI – Hennie Badenhorst, eienaar van Lyon Lodge, het die deur van die lodge weer vir die publiek heropen.
Hennie het vir hom ‘n bekwame bestuurderes, Colitha van Staden, aangestel. Colitha, ‘n Kapenaar het soveel oulike insette gelewer, dat die vier luukse en-suite kamers nog verder opgegradeer is en nou met ‘n vyfster voorkoms spog.
Tydens hierdie opgradering was die lodge gesluit. Die tyd is egter benut om die personeel ook verder op te lei.
Die lodge bied een van die mees asemrowendste uitsigte oor die Kransberge, veral met sons ondergang. Heel gepas kan jy ‘n sundowner van 17:00 tot 19:00 vanaf die sondek langs die swembad en kroeg geniet.