General

Iets uit Suid-Wes by Mongatane Lodge

THABAZIMBI – Mongatane Lodge, ongeveer 10 km buite Thabazimbi, is die breinkind van Boeta en Magdaleen van Dyk. Die lodge het ongeveer ‘n jaar gelede reeds die eerste gaste geakkommodeer.
Die lodge het so uitgebrei dat dit huidiglik oor nege chalets, almal ingerig met hulle eie geriewe asook ‘n konferensie fasiliteit vir 50 persone beskik.
Mongatane is die Sotho woord vir ‘n doppruim, ‘n inheemse boom wat hier in die bosveld voorkom en nogal volop is op Mongatane.
Die egpaar, albei Suid-Westers, het in die kleine so ietsie van Suid-Wes se bakens geskep, net om die iets van die gelukkige kindertyd saam te bring.
Die kleine Suid-wes vind jy om en in die swembad. Binne die swembad is ‘n groot landkaart van Suid-Wes en om die swembad pryk die leeukake, vingerrots en witvrou van die brandberg en selfs Boesmantekeninge.
Jou oornagfasiliteite sluit bed en ontbyt in. Ander etes kan verskaf word of jy kan vir jouself sorg.
Vir meer besonderhede kan die volgende nommers geskakel word: (014) 7723018, 082 965 0002 of 082 900 1053.