Eskom ingeperk – geen fondse vanjaar beskikbaar vir diesel
Eskom sê dat daar nie geld is om enige verdere aankope van diesel vir die oopsiklus gasturbines (OCGT – Open Cycle Gas Turbine) by Gourikwa en Ankerlig kragstasies voor 1 April 2023 te maak nie.
Dié twee kragstasies by Mosselbaai beskik oor veertien eenhede met ʼn totale gesamentlik opwekkings-kapasiteit van 2 067 MW.
Natuurlike gas, wat ʼn kleiner omgewingsimpak het, is die ideale brandstof vir hierdie spesifieke kragstasies, maar vloeibare brandstof, diesel, kan ook suksesvol gebruik word.*
Gedurende 2004 – blykbaar voordat Eskom sy kundige werkers in uitvoerende poste volgens ANC beleid met onbevoegde personeel en kaders vervang het – het dit reeds duidelik geraak dat Eskom vining ʼn korttermynoplossing as laaste toevlug moes vind om die winter-piektye vanaf 2007 die hoof te bied.*
Nog ʼn groter dryfveer buiten die piektye, was die behoefte om in noodgevalle, waar skielike kagtoevoerprobleme opduik, addisionele krag tot die Eskom netwerk te voeg. Beslis nie om noodkrag te voorsien vir al die eenhede wat onttrek moet word weens swak of geen instandhouding by bestaande kragstasies nie.
Aangesien Mosgas reeds op daardie stadium by Mosselbaai ontwikkel is, was daar seker gehoop dat die gasreserwes genoeg gaan wees om die kragstasies te regverdig.
Dit wil egter blyk dat die kragstasies uit die staanspoor diesel as brandstof gebruik en hiervoor is daar baie goeie verskonings, ondermeer dat sowat 60 persent van OCGT kragstasies vloeibare brandstof gebruik* en dat geld wat spandeer word op noodsaaklike aankope die aardige manier het om terselfdertyd sommer ook die sakke van ANC-kaders en -meelopers te vul.
Die verdere fasebeplanning vir stoorkapasiteit van diesel brandstof by hierdie kragstasies maak voorsiening vir 27 miljoen liter diesel, wat die oorspronklike kapasiteit van sowat 16 miljoen liter insluit* – dit sou dalk goedkoper wees om ʼn kanaal vanaf Mosselbaai na die twee kragstasies te grawe en somme die diesel direk uit die olietenkskepe te tap.
Dit dui duidelik daarop dat Eskom geensins beplan het om hierdie kragstasies slegs as bystandstasies tydens piektye of noodgevalle aan te aanwend nie, maar eerder as kragstasies wat volstoom krag tot die Eskom network moet lewer.
Met die president en ministers wat by die ontwikkelde lande geld bedel met die belofte om so gou as moontlik van die steenkool gedrewe kragstasies ontslae te raak, wys daar is steeds die hoop om nog skenkings te kry – Waarvoor? – dalk vir die aankoop van diesel vir die kragstasies? Wat kry die inwoners van Suid-Afrika uit al hierdie miljarde wat die lande voorskiet? Net mooi niks behalwe leë beloftes.
Hier praat ons van die $8,5 miljard wat vir Suid-Afrika by die afgelope Egipte Konferensie oor die Euwels van die Ontwikkelde Lande, beding is en die R1,5 triljoen wat reeds deur die parlement goedgekeur is om oor die volgende 5 jaar op groen kragbronne te spandeer. Suid-Afrika wag net in spanning om te sien warmee die president na sy besoek aan Koning Charles III gaan terugkeer – Dalk die Cullinan diamant wat Jan van Riebeeck by die swart inwoners gesteel het en waarop die Britse regering kort na die afloop van die Anglo Boereoorlog, toe hulle Suid-Afrika by die boere geannekseer het, beslag op gelê het. (Net om die geskiedenis in perspektief te stel, soos geboekstaaf deur Harry die strandloper en ander betroubare waarnemers.)
Gedurende die 30 jaar van ANC bewind kon hulle nie eens die bestaande infrastruktuur van kragvoorsiening instand hou nie – Hoe gaan hulle binne 5 jaar van die steenkoolgedrewe kragstasies ontslae raak en dit met groenkrag vervang?
Die enigste manier is om die land aan China of een of ander moontheid uit te verkoop sodat hulle die kragstasies kan oprig. Sal hierdie lande se maatskappye en werkers ook gebukkend gaan onder ANC-kader aanstellings, die stremmende arbeidswetgewing, belastings en BBBEE? Hoe gaan dit van die staatskaping van die Zuma-Gupta alliansie verskil?
Intussen maak die ANC-kader-tenderpreneurs miljarde rande uit die aankoop van diesel oorsee waar nuwe tegnologie olie-refinarye skoner brandstof kan lewer as wat plaaslike deur rafinarye verskaf kan word. Diesel wat aan die vereiste kwaliteit voldoen om in hierdie OCGT aanlegte te gebruik.
Engineering News** berig dat die plaaslike olie-rafinarye se toekoms in die wegskaal is met aansienlike groot veranderings in die pyplyn vir die volgende vier tot vyf jaar.
Suid-Afrika beskik tans oor ses rafinarye waarvan drie (Astron in Kaapstad, PetroSA in Mosselbaai en Engen) tans nie operasioneel is nie.
Met Durban een van die belangrikste brandstof-invoerhawens, het Engen reeds aangedui dat hulle die rafinaryaanleg by Durban eerder as ʼn invoerterminaal vir brandstof gaan aanwend.
Met die skuif na skoner brandstof en die onseker toekoms van vloeibare brandstof weens die elektrifisering van motorvoertuie, verkeer ru-olie rafinarye onder dieselfde druk van wetgewing oor dekarbonisering. Plaaslik kan die verouderde rafinarye nie kompeteer met die modene rafinarye wat die skoner brandstowwe lewer nie.
Dit wil ook voorkom asof die internasionale groot olieverskaffers soos BP en Shell, uit rafinering wil onttrek en eerder moontlike kopers van hul aanlegte in Suid-Afrika gaan soek. BP en Shell besit tans die 165 000 bbl/d Sapref rafinary in Durban, die grootste rafinary in Suid-Afrika.
Suid-Afrika se amptelike beleid is steeds gegrond op die die uitbouing van die plaaslike rafinary kapasiteit maar word bemoeilik weens die hoër internasionale vereistes om skoner brandstof te lewer. Bestaande rafinarye kan nie teen die oorsese brandstof invoere meeding nie.
Dit is moeilik om te aanvaar dat Suid-Afrika, wat baanbrekerswerk onder moeilike omstandighede met sanksies wat bedoel was om die ekonomie ʼn knou toe te dien, die proses om brandstof uit steenkool te vervaardig sodanig kon vervolmaak dat daar self Sasol brandstof uitvoere na die buiteland was, maar nie daarin kon slaag om ʼn modern rafinary wat aan die nuuste staandaarde voldoen die afgelope 30 jaar in bedryf te stel nie.
Anders as in die ander Afrikalande kon die Suid-Afrikaanse ekonomie nie binne ʼn dekade of wat vernietig word nie. Dit wys net met wat se sterk ekonomie en infrastruktuur die ANC toevertrou is toe hulle hul populistiese demokratiese meerderheid behaal het. Voeg hierby die ondersteuning, nie noodwendig van hul ondersteuners nie, maar van die landsburgers wat die land en sy ekonomie tot dusver staande gehou het, en dit word duidelik hoe die ANC politici en kaders, hulself uit die land se skatkis, ten koste van ʼn beter lewe vir almal, deur korrupsie en diefstal na bykans 30 jaar van populistiese regering verryk het.
Die kans is uitstekend dat hulle uiteindelik daarin gaan slaag om die land se ligte af te skakel en Suid-Afrika weer terug by die oorspronklike kultuur van donker Afrika in te trek.
Bron* Ankerlig-Gourikwa-Technical-Brochure
Kommentaar deur Pieter Coetzee – Redakteur: Kwêvoël (sedert 1983)