CommunityFeatured

Spesiale vermelding vir ATKV KunsteGrot Skryfkuns Kompetisie

Die Skryfkuns Kompetisie wat jaarliks deur die ATKV Thabazimbi-tak in samewerking met die KunsteGrot aangebied word verdien spesiale vermelding vir volgehoue entoesiasme van die hoof organiseerder, Rita Volschenk, om hierdie kompetisie op die land se kalender te plaas.

Net soos verlede jaar het die kompetisie inskrywings wydverspreid oor die land, selfs uit Namibië ontvang met altesaam 76 inskrywings vir die drie hoofafdelings waarin die kompetisie aangebied word.

Buiten Thabazimbi is inskrywings vanuit al die windrigtings ontvang insluitend Windhoek, Bredasdorp, Melville (Johannesburg), The Reeds, Centurion, Rustenburg, Modimolle en Leeupoort.

Die Volwasse afdeling is baie goed ondersteun  met 28 Poësie, ses Prosa en drie Kortverhaal inskrywings. Die Laerskool afdeling het 30 Poësie en drie Prosa inskrywings gelewer terwyl die Hoërskool afdeling ses Poësie inskrywing opgelewer het. Die Laerskool afdeling het dan ook die meeste individuele inskrywings gehad.

Die beoordeling is deur twee onafhanklike beoordelaars van Pretoria gedoen. Beide Wilhelm Haupt en Mila Swanepoel het baie ervaring in die beoordeling van kompetisies van dié formaat en het ’n groot taak gehad om deur al die inskrywings te werk.

Die Hoërskool en Volwasse deelnemers het hulle medaljes en sertifikate tydens die Gala geleentheid op 2 Desember by die KunsteGrot ontvang. Die Laerskool deelnemers het as gevolg van die eksamen hul prysuitdeling tydens ’n leersessie op 25 November in die skoolsaal van Laerskool Thabazimbi ontvang.

Verskeie kategorie-wenners het van buite Thabazimbi gekom en kon dus nie die Gala geleentheid bywoon nie.

Van die inskrywings het spesiale vermelding verdien en die volgende kan uitgesonder word:
Laerskool:
Mianke van Zyl  Gr 3 se gediggie – Seisoene
Taryn Stander Gr 6 se gedig – I love misty days
Hoërskool:
Liselotte Smit Gr11 se gedig – Grandpa
Volwassenes:
Annelie Lee se gedig – Stilte
Tania Erasmus se prosa – Om joules op te wek
Jak J Brits se kortverhaal – Hoe om te skiet

Die ATKV Thabazimbi-tak was weereens die borge van die sertifikate, medaljes, trofeë en pryse.

Volwasse en Hoërskool toekennings:

Laerskool Wenners – Trofeë – Prosa en Poësie

Hooffoto heel bo: Laerskool Thabazimbi leerlinge wat vir die ATKV-KunsteGrot Skryfkuns Kompetisie ingeskryf het saam met Rita Volschenk, organiseerder van hierdie kompetisie.