Die Ysterberg Veldkornetskap Voortrekkers van Thabazimbi, het op 24 November hulle afsluiting van die jaar se aktiwiteite gehad. Tydens die geleentheid het lede toekennings ontvang vir jare diens asook kentekens vir take wat hulle gedurende die jaar voltooi het.
Covid-19 inperking het die Ysterberg Voortrekkers redelik geknou deurdat byeenkomste nie gereeld aangebied kon word nie en het beteken dat van die take wat hulle normaalweg sou verrig het om kentekens te verdien nie soos beplan kon voortgaan nie.
Nogtans het hulle presteer deur van die take virtueel in te dien en moes ouers ook bietjie hand bysit om voorskrifte reguit te voer. Ongelukkig weens die feit dat van die ouers hulle werk weens die inperking verloor het en die kinders as lede van die organisasie moes onttrek.
Ysterberg Diensjare- en graadwiele-toekennings is aan die volgende lede tydens die toekenningsaand oorhandig:

Lianca van den Berg ontvang haar Oranje Skei vir een jaar diens asook haar Gr1 Graadwiel. 
Kevin van den Berg ontvang sy Groen Skei vir 2 jaar diens en sy Gr4 Graadwiel. 
Wiaan Croucamp ontvang sy Oranje Skei by vir 6 jaar diens asook sy Gr6 Graadwiel, sy Touwerk kenteken, en Anglo-Boereoorlog kenteken. 
Conrad Res ontvang sy een jaar Oranje Skei, Gr6 Graadwiel, Touwerk kenteken en Anglo Boereoorlog kenteken. 
Ettiene Pieterse ontvang sy Blou Skei vir 3 jaar diens, sy Gr8 Graadwiel,en Anglo-Boereoorlog kenteken asook sy Brandweer kenteken. 
Ananda Pieterse ontvang haar Blou Skei vir 3 jaar diens, Gr8 Graadwiel, Anglo-Boereoorlog kenteken, en Brandweer kenteken. 
Sophia Jarman ontvang haar Groen Skei vir 2 jaar diens, Gr2 Graadwiel en Gr2 Knope kenteken. 
Helena Pieterse ontvang haar Bou Skei vir 3 jaar diens ,Gr7 Dagbreek Graadwiel, Anglo-Boereoorlog kenteken en die Brandweer kenteken. 
Raymond Wolfaardt ontvang sy Blou Skei vir 3 jaar diens, sy Gr6 Graadwiel, sy touwerk kenteken, en sy Anglo-Boereoorlog kenteken.
Dit het Ysterberg Voortrekkers nie ontmoedig om tog nuwe lede te verwerf nie en hierdie lede is dan ook tydens die toekenningsfunksie amptelik by die Ysterberg Veldkornetskap ingelyf.
Tydens die Insweringseremonie moes alle nuwe lede as deel van die seremonie, die puntjie van hul sertifikate brand.

Conrad Res 
Ananda Pieterse 
NeliaPieterse 
Lianca van den Berg 
Ettiene Pieterse 
Eksteen Pieterse
Die nuwe lede wat tydens die toekenningsaand ingelyf is was van links agter: Nelia Pieterse (nuwe Offisier) en Eksteen Pieterse(nuwe Heemraadslid). Middel: Conrad Res (nuwe PD). Ettiene Pieterse en Ananda Pieterse word ingelyf van Penkop/Drawwe na Verkenner. Voor: Lianca van den Berg is ingelyf as PD.
Tydens die geleentheid is Ysterberg Veldkornetskap se nuwe bestuurslede, die Heemraadslede asook die Offisiere vir 2022 aan die Voortrekkers voorgestel.
Die Penkop/Drawwertjie leier vir 2022, Raymond Wolfaardt, en die nuwe jeugleier vir 2022, Ananda Pieterse, is ook tydens die geleentheid aangewys.

Heemraadslede bestaan uit (van links) Eksteen Pieterse, Gwendolyn van den Berg, Annamart Jarman en Wynand Manders. 
Die nuwe bestuurslede vir 2022 is van links agter: Nelia Pieterse (AKL Algemeen), Danie Naudé (Veldkornet), Karin Naudé (AKL Finsnsies) en Ronelle du Plessis (AKL Jeugsake). Voor: Annamart Jarman (AKL Administrasie). 
Ysterberg Veldkornetskap se Offisiere is van links: Danie Naudé, Karin Naudé, Nelia Pieterse en Ronelle du Plessis. 
Die Veldkornetskap se nuwe PD leier vir 2022 is Raymond Wolfaardt en die nuwe jeugleier vir 2022 is Ananda Pieterse.
Ysterberg touwerk spesialisasie
Sommige van die Ysterberg jeuglede het hul touwerk spesialisasie op 30 Oktober 2021 voltooi. Hulle spesialisasie het oor ‘n tydperk van 3 tot 4 jaar gestrek.

Hulle is agter: Ananda en Ettiene Pieterse (Verkenners) wat nuwe Verkenner knope aangeleer het. Middel: Conrad Res, Raymond Wolfaardt, Wiaan Croucamp (Gr6) wat hulle Touwerk spesialisasie suksesvol voltooi het. Voor: Helena Pieterse Gr7 het ook haar Touwerk spesialisasie suksesvol voltooi. 
Sophia Jarman Gr2 voltooi ook haar Gr2 Knope spesialisasie suksesvol.

