FeaturedHealth

Pfizer Covid-19 Inentings by Medhof Apteek vir almal ouer as 18

Het jy, jou werkers, familie en vriende reeds hul Covid-19 inentings ontvang?
Indien nog nie, by Medhof Apteek in Thabazimbi is almal ouer as 18 welkom. Bring net jou ID boekie/kaart of paspoort saam.

Privaat- sowel as Mediesefonds-kliënte welkom.

Indien jy wel geregistreer het en wag vir ’n boodskap om vir jou te laat weet waar en wanneer jy jou inenting moet kry, moenie langer wag nie – Niemand word meer in kennis gestel nie.

Indien jy nog nie geregistreer het nie, kom besoek ons steeds dat ons dit terselfdertyd vir jou kan afhandel.

Mediesefonds pasiënte: – Jou medies betaal ten volle.
Privaat pasiënte: – Jy kry dit gratis.
Suster Maria Woest, Medhof se eie klinieksuster, is gereed om hierdie diens te lewer.

Inentings sal gedurende die week vanaf 14:00 tot 18:00 toegedien word.

Skakel Medhof by 014 777 1287 of 064 9322 722 vir ’n afspraak (Om te verseker dat daar genoeg entstof beskikbaar is vir die dag se inentings)

Aangesien Pfizer entstof toegedien word, is ’n tweede dosis nodig wat na ses weke toegedien word. Medhof sal weereens daar wees om ook hierdie dosis toe te dien.

Vanaf 1 September kwalifiseer almal in die groep 18 tot 35 jaar ook om die inenting te ontvang.