BusinessFeatured

PnP: Opheffing van die verbod op die verkoop van Alkohol noodsaaklik

“Gedurende normale tye is daar baie onafhanklike besighede in die drankbedryf wat staatmaak op verantwoordelike drankverkope om hul besighede te laat oorleef en hulle sal beslis nie nog ’n uitgerekte verbod op die verkoop van alkohol kan oorleef nie.”

Dit is die mening van die Hoof Uitvoerende Bestuurder van die Pick n Pay groep, Pieter Boone, wat verder gesê het dat dit nou tyd is dat president Ramaphosa die verbod op die verkoop van alkohol produkte moet ophef.

Buiten die negatiewe effek van die verbod op die verkoop van alkohol het die onlangse plunder van drankwinkels die bedryf ’n verdere slag toegedien. Nie net kragtens die alkohol wat gesteel is nie, maar ook dat ’n groot hoeveelheid alkohol nou hul weg na die swartmark gaan vind.

“Die opheffing van die verbod op die verkoop van alkohol sal regoor die land verwelkom word as ’n positiewe en verantwoordelike stap om van die gebeure van die vorige paar weke te herstel.”