Jacob Zuma agter tralies na weiering om te getuig
Oud-president Jacob Zuma het homself gisteraand, Woensdag 7 Julie 2021, aan die polisie oorgegee. ’n Konvooi voertuie, met Zuma aan boord het Nkandla sowat 40 minute voor die spertyd verlaat.
Aangesien die operasie met die aanklokreël van toepassing uitgevoer is, was daar geen Zuma ondersteuners wat die pad versper het nie toe die polisiekonvooi by Nkandla opgedaag het.
Korrektiewe owerhede het bevestig dat Zuma homself aan die SAPD oorgegee het en dat hy sy 15 maande lange vonnis by die Estcourt Korrektiewe sentrum in sy tuis-provinsie van KwaZulu-Natal begin het.
Hierdie wending kom nadat Zuma vir etlike dae geweier het om homself aan die SAPD oor te gee.
Die uitspraak deur die Konstitusionele Hof het ’n maatstaf vir die Afrika kontinent gestel deur ’n voormalige staatsleier vir sy weiering om in ’n korrupsieondersoek te getuig tot tronkstraf te vonnis
Die Polisie het reeds Woensdag gewaarsku dat hulle die opdrag om Zuma teen die middernag spertyd te arresteer gaan uitvoer tensy hulle van hoër gesag anders in kennis gestel word.