Buco Thabazimbi-tak Pryswenners aangekondig
Die wenners van die pryse met ’n totale waarde van R40 500 is Saterdag 5 Mei by Buco se Thabazimbi-tak bekend gemaak.
Hierdie kompetisie is landwyd by Buco takke geloods waar kliënte vir aankope van R500 of vir die kompetisie in aanmerking gekom het.
Op die kop 10 uur Saterdagoggend is die wenners van al die takke gelyktydig bekend gemaak en Thabazimbi se wenners was daar om hulle pryse op te eis.
Die drie pryswenners is vooraf in kennis gestel om betyds daar te wees vir die sleuteltrekking waardeur die uiteindelike wenners bekend gemaak is.
Niel Louw trek die sleutel van die slot vir die eerste prys, die waentjie met al die toerusting wat daarin gepak is. Niel Louw, links, saam met Dirk Steenkamp by die eersteprys wat hy losgslaan het naamlik die sleepwaentjie met al die toerusting ter waarde van R30 000. Johannes Makhane by die spilternuwe 4-plaat gasstoof ter waarde van R6 000 wat hy as tweedeprys gewen het. Jaco Joubert, wenner van die derdeprys, die kragopwekker, was in Pretoria en Wimpie van der Merwe het sy prys namens hom kom ontvang. Die drie finaliste saam met Dirk Steenkamp, bestuurder van Buco Thabazimbi, by al die pryse voor die trekking.
Die wenner van die Eersteprys was Niel Louw wat die waentjie en goedere daarin ter waarde van R30 000 gewen het. Tweedeprys wenner van die Totai 4-plaat gasstoof ter waarde van R6 000 was Johannes Makhane en die kragopwekker ter waarde van R4 500 is deur ’n boer in die omgewing, Jaco Joubert, gewen.