EntertainmentFeatured

Ray Dylan 1 Mei by Khaya Kwa

Ray Dylan, wat sy deurbraak tot die Afrikaanse Musiek treffersparade in 2006 met sy treffer ‘Hokaai Stoppie Lorrie’ gemaak het, tree Saterdag 1 Mei op by Khaya Kwa.

Hy het hierdie treffer met nog verskeie ander treffers opgevolg en dit het dan ook gelei tot die SAMA toekenning wat hy gedurende 2009 ontvang het vir die beste Country album met sy album Goeie Ou Country.

Soos met die meeste sangers die geval was, het Dylan ook sy loopbaan begin deur optredes in klubs en kroeë. Alhoewel die meeste van sy opnames in Afrikaans, sy moedertaal gedoen is, het hy ook in Engels opnames begin doen om deur te dring na die Engelse gehoor en mense wat Engels magtig is.

Hier neem hy sy gehoor teruggeneem in die verlede met opnames soos Rhinestone Cowboy, Am I that easy to forget, Tequila Sunrise en To all the girls I loved before asook talle ander.

Kom luister gerus en help om ons kunstenaars weer op die been te kry na die erge insakking in die lewendige musiekbedryf wat deur die erge inperking bepalings veroorsaak is.

Toegang beloop R150 per persoon en bespreek vroegtydig om jou plek te bespreek. Die vertoning begin om 18:00 – Kom kuier gesellig saam met jou vriende.

Ray_Dylan_Poster

Maak video’s hier oop

Dis Verby

Forever Young