Eskom se Medupi en Kusile – ’n Plan wat nie kan werk
Medupi en Kusile kragstasies is voorgehou as dié megaprojekte wat die energie-landskap van Suid-Afrika totaal gaan verander. Die projekte is in 2007 geloods toe kragonderbrekings die myne op hulle knieë gedwing het op ’n stadium dat daar ’n groot oplewing in die lewering van grondstowwe was.
Die kragstasies, wat teen ’n geprojekteerde R163,2 miljard opgerig sou word, was veronderstel om teen 2015 ten volle operasioneel te wees. Die geskatte voltooiingsdatum van Kusile word gereken op 2023 en soos sake nou verloop lyk dit asof die kragstasies nooit ten volle operasioneel sal wees nie. Die werklike koste beloop reeds meer as R450 miljard en steeds styg uitgawes.
Op 5 Desember 2019 het Kwêvoël ’n berig geplaas – ‘Medupi – Geen ekonomiese oplewing net gevaarlike besoedeling.’ Dit het gebeur nadat daar reeds beriggewing gedoen is oor die ANC se direkte betrokkenheid as aandeelhouer van Hittachi wat die kontrak gehad het om die stoomketels te verskaf en stakings deur werkers omdat hulle nie die hooggespesialiseerde sweisers op die terrein wou toelaat nie.
Die verslag wat Kwêvoël aangehaal het sê ondermeer:
“Die konstruksie van Medupi het nie alleen vir Eskom op sy knieë gebring nie, maar ook die nasionale ekonomie bedreig, dan het dit ook nog ’n vernietigende impak op plaaslike gemeenskappe en die omgewing van Lephalale meegebring.
Die konstruksie van Medupi het ’n vloedgolf van kapitaal in die gemeenskap ingebring wat meer bote laat sink het as die wat op die golf gery het. Hierdie gety beweeg nou uit en laat die gemeenskap met verbreekte beloftes en valse hoop.”
Dit is die einde nie en baie probleme wag steeds op Eskom.
Gebruik ook die soekfunksie van die Kwêvoël nuusbrief en soek: Medupi-. Hier sal jy kommentaar kry wat Kwêvoël reeds op 26 Julie 2013 gepubliseer het wat reeds ernstige probleme uitwys. Tog gaan dit maar net voort en word al meer en meer geld verkwis. Gaan loer by RELATED en sien wat een van die bekende besproeiingsboere reeds in 2009 gesê het oor die Mokolo-waterprojek om water aan Medupi uit die Krokodilrivier te voorsien.
Kommentaar deur Pieter Coetzee – Redakteur: Kwêvoël sedert 1983