BusinessEditorialFeatured

DA: Beplan ANC verbod van alkohol vir derde keer?

Volgens die Demokratiese Alliansie se Dean Macpherson, Skaduminister van Nywerheid en Kompetisie, het die DA betroubare inligting bekom dat daar ’n sterk gevoel is binne die ANC is van sommige ministers wat weer die verbod op die gebruik van alkohol sodra moontlik wil instel.

Hierdie groep ministers sluit in die ministers van Polisie – Bheki Cele, minister van Gesondheid – Zweli Mkhize, minister van Vervoer – Fikile Mbalula en die minister van Korporatiewe Regering – Nkosazana Dlamini Zuma.

Mbalula het die afgelope paar dae daarop aangedring dat die wet hersien moet word na ’n aantal noodlottige alkohol-verwante motorongelukke. Hy beweer verder dat die mense buite beheer is kragtens alkohol gebruik. Die minister het ook beweer dat Gauteng se hospitale onder verdere druk verkeer as gevolg van alkohol-verwante trauma wat die beddens beset, nieteenstaande die afname in Covid-19 besmetting en sterftes.

Macpherson sê dat alhoewel sulke ongelukkige tragies is, moet dit nie gebruik word om ’n politieke agenda aan te vuur nie.

“Almal besef terdeë Bheke Cele se dreigemente van straf vir slegte gedrag en sy diepliggende wrewel teen alkohol,” enige poging van die ANC om weereens die verbod op die gebruik van alkohol te gebruik as stormram vir hul politieke ideologieë sal deur die DA beveg word, het Macpherson toegevoeg.

Te veel mense het reeds hulle werk as gevolg hiervan verloor, juis as gevolg van die ANC se binnegevegte en die onwilligheid van Ramaphosa om die leisels vas te vat.

Macpherson sluit af deur te sê dat dit tyd is dat Suid-Afrika verlos word van hierdie aanhoudende gyselaar-speletjie van die ANC aangesien gewone burgers steeds met hul werk en toekoms hiervoor betaal.

Read More