FeaturedGeneral

“En toe loop die hoender oor die pad!” – Rede vir ongeluk

Twee insittendes is beseer toe die Ford Focus waarin hulle gereis het Donderdag teen ’n huis in Waterloo, Verulam KZN, gebots het.

Volgens die bestuurder van die voertuig het hy uitgeswaai vir ’n hoender wat besig was om die pad oor te steek.

Die Reaksie-eenheid SA (RUSA) in Verulam het die voorval opgevolg nadat dit verskeie oproepe van die publiek ontvang het. Op die toneel het hulle op die voertuig afgekom waar dit teen die huis gebots het.

Die bestuurder het aanvanklik verduidelik dat hy vir ’n kind wat oor die pad gehardloop het uitgeswaai het maar het later gesê dat dit moontlik ’n hond of ’n hoender was.

Ten minste is daar nou bevestig dat hoenders wel ’n doodswens het as hulle die pad oorsteek om aan die ander kant te kom. Hierdie onverskrokkenheid het selfs tot die bestuurder van die voertuig deurgedring. Deur die bewuswording hiervan het die bestuurder dan ook besef dat die hoender gaan, kom wat wil, die pad oorsteek reg voor aankomende verkeer in.

Die versekerings maatskappy behoort in hierdie geval die assuransie uit te betaal want die bestuurder van die voertuig het geen ander opsie gehad as om vir die hoender uit te swaai nie.

In die loop van die jare is daar na alternatiewe antwoorde vir hierdie eenvoudig vraag, “Hoekom het die het die hoender die pad oorgesteek,” gesoek. Die een oplossing was dat die hoender die pad oorgesteek het want anders moes hy te ’n groot draai loop om aan die ander kant te kom.

Hierdie voorval bewys dat die hoender wel ’n doodswens koester, daarom loop hy oor die straat.

’n Nuwe vraag ontstaan egter: “Is hoenders getoor dat hulle soos kinders lyk wanneer hulle ’n pad oorsteek?” Met al die aan-boord kameras in voertuie behoort ons ook eersdaags fisiese bewys hiervan te kry, of, was die Covid-19 Bevelsraad dalk reg met hulle verbod op die verkoop van alkohol aangesien hierdie ongeluk in die middel van die dag gebeur het. “Was voggies dalk nie hier betrokke nie?”
(Kommentaar deur redakteur)

Read More