EntertainmentFeatured

RiVo Drama presteer steeds met Digitale kompetisies

Vir die laer- en hoërskool-dramastudente van RiVo Drama het die tyd tydens die wêreld se langste inperking nie stil gestaan nie en het hulle intussen, na afloop van die Pierneef Teater Dramafees en die KunsteGrot se eie ATKV Drama Kompetisie, nog drie virtuele kompetisies afgehandel en besonder goed gevaar.

Dit was natuurlik die Op Die Planke Monoloogfees waarvan die Nasionale beoordeling eers in Oktober sal geskied nadat die onderskeie streekwenners op 13 September aangekondig sal word.

Volgens hul afrigter, Rita Volschenk, het RiVo Drama tydens die Streekbeoordeling as dramaskool die beste in die land gevaar.


Die laerskoolleerlinge het ook nie stilgesit nie. Volgens Rita Volschenk het hulle almal pragtig presteer en wag daar beslis nog groot oomblikke op die verhoog vir hierdie talentvolle en hardwerkende studentjies.
Hierdie klompie Laerskool studente het hard gewerk aan die Streekuitdunne van die Op Die Planke Monoloogfees. Op 13 September wanneer die uitslag bekend gemaak sal word, sal ons weet wie gekies is om Nasionaal deel te neem.


“Verlede jaar het al ons deelnemers aan die Nasionale deelgeneem en ons vertrou dat dit weer gaan gebeur,” het sy gesê.

Rita het verder genoem dat tydens die Nasionale deelname is daar weer drie ander beoordelaars, ‘’n kompetisie weer op ’n heel ander vlak.

In nog ’n kompetisie, naamlik die Dramaweb SA, het twee van RiVo Drama se hoërskool studente onder die Top-10 geëindig. Hulle was Lieselotte (Gr 10 – Goud)) en Dané Coetzee (Gr 12 – Goud). Slegs die eerste drie plekke is aangewys.

2020_Aug_DramawebSA_HS
Foto bo: DramawebSA Landwye Digitale Dramakompetisie – Hoërskool
(Silwer = 70-74    Silwer+ = 75-79    Goud = 80-84    Goud+ = 85-89    Platinum = 90+)

Die ander hoërskool studente wat ook hieraan deelgeneem het, het uitstekend gevaar en was hulle uitslae soos volg:
Kieran Soares (Gr 8 – Silwer); Natalie de Castro (Gr 8 – Silwer); Kadin Soares (Gr 10 – Silwer); Nelita van Rensburg (Gr 10 – Silwer) en Kiano Sores (Gr 12 – Goud).
Silwer = 70 – 74; Goud = 85 – 89.

In die Laerskool Afdeling van die Dramaweb SA was daar twee studente wat aangewys is om met ’n Zoom-optrede voor ’n paneel van drie beoordelaars op te tree. Marianey du Plessis het die uitstekende prestasie behaal om in die GrRR – Gr 1 groep derde landswyd te eindig.


Ten laaste was daar dan ook die Radikale Redenaars Digitale Kompetsie waaraan laerskool studente deelgeneem het.

2020_Aug_LS_Radikale_Redenaars
Radikale Redenaars Landwye Digitale Redenaars – KunsteGrot Kunste / RiVo Drama Laerskool A- = 80-84 A = 85-89 A+ = 90+