DA verwerp Regering se onbepaalde verbod op tabak en alkohol
Die Demokratiese Alliansie (DA) se skaduminister van Handel, Dean Macpherson – LP, sê die DA verwerp met minagting die Regering se onvanpaste tweet wat Suid-Afrika daarop voorberei dat die verbod op tabak en alkohol regdeur die totale tyd van inperking sal voortduur.
Hierdie verbod kan weke voortduur en selfs tot in 2021 strek.
Hy sê die regering het vandag die middelvinger vir elke persoon wat in die tabak en alkohol industrieë werk gewys, meer nog vir elke restaurant eienaar, chefs en kelners wat juis vandag, Woensdag 22 Julie, teen die verbod protesteer het.
Hy sê verder dat deur die regering se aksie vandag is dit nou duidelik dat Cyril Ramaphosa bloot ’n toeskouer is van die ideologiese giere van Nkosazana Dlamini Zuma.
Die verklaring sê voorts dat die verbod op tabak en alkohol skram weg van die regering se onvermoë om gedurende die meer as 100 dae van inperking die kapasiteit van beddens in die hospitale te verhoog en nou moet derduisende mense hiervoor betaal deur die verlies van hul werk en inkomste.
Die waarheid is inderdaad dat solank as wat Cyril Ramaphosa en sy kabinet ministers werk het sal daar miljoene mense wees wat van die reg om te mag werk ontneem word en nie werk het nie.
Vandag word Suid-Afrika se mense herinner aan die ANC se totale disrespek vir mense se lewens en lewensomstandighede, mense wat net met hul lewens wil aangaan en ’n inkomste wek om vir hul gesinne te sorg.