Verkoue en Griep: Jou Apteker – Jou Vriend
Indien jy verligting van die simptome verlang soos ’n verstopte neus of -sinuskanale, seerkeel en hoes asook moegheid, sal Medhof Apteek se vriendelike en hulpvaardige aptekers en personeel jou hiermee kan help.
Daar is verskeie middels wat jou kan help om weerstand op te bou voordat jy siek word, en hier kan ‘n sink-aanvulling ondermeer ’n groot rol vertolk.
Netso kan probiotika’s ook ’n rol speel om verkoues en griep weg te hou of ten minste keer dat jy dit in ’n ernstige mate opdoen.
Baie min medisyne kan die siekte se tydsduur verminder en jy moet maar eerder tuis aansterk as wat jy ander mense by die skool of werk gaan besmet.
Moenie dat Verkoue en Griep jou pootjie in die klaskamer
Die skole het hul deure vir Gr 7 en Gr 12 leerlinge oopgemaak. Hierdie is net die begin om die skole stelselmatig weer vir al die grade oop te stel.
Suid-Afrika het reeds in Mei die griep-seisoen betree en met die winterkoue wat reeds toegeslaan het, kan verkoues se ongemaklike simptome jou verhoed om helder te dink en jou energie totaal uitput.
Die griepseisoen duur ongeveer 12 weke maar hierdie tydperk kan ook korter of langer wees. Die lastige verkoue kan tot 10 dae neem om sy gang te gaan.
Moenie griep- en verkoue-simptome ignoreer nie. Die beste raad is steeds om by die huis te bly terwyl jy griep of ’n ernstige verkoue onder lede het.
Beide hierdie siektes versprei deur druppels wat op jou te lande kom of dat jy met ’n oppervlak in kontak kom waarop hoes- of nuusdruppels van ’n besmette persoon beland het.
Gesigmaskers, wat nou tydens die Covid-19 pandemie verpligtend in die openbaar is, sal die verspreiding van baie van hierdie virusse en kieme beperk, maar die heel beste bly maar om jou hande gereeld met seep en water te was en probeer om nie aan jou gesig te raak nie aangesien die oë, jou neus en mond die toegangsweë tot respiratoriese kanaal-infeksie is.
Griep en verkoue toon basies dieselfde simptome alhoewel griep vinniger toeslaan met hoë koors, seerkeel en lyfseer en kan ook kopseer, vermoeidheid, seer spiere, naarheid en diarrhea veroorsaak.
Hierdie simptome is baie dieselfde as vir Covid-19, die kans hierdie tyd van die jaar is groter dat jy net gewone griep het. Covid-19 het sy eie kenmerkende simptome waaroor Medhof se klinieksuster jou meer kan inlig.
Indien griep nie versigtig hanteer word nie, kan dit tot longontsteking, hospitalisasie en selfs sterfte lei. Persone met onderliggende siektetoestande soos tuberkulose, diabetes en enige siektes wat die persoon se natuurlike immuniteit beïnvloed, moet hulself eerder afsonder en by die huis bly.
Verkoues tas die boonste lugweë aan en hiervoor is daar geen magiese voorskrif om dit te verhoed of genees nie.
Vitamiene C word algemeen aanbeveel, alhoewel dit hoofsaaklik persone is wat fisiese uitputtende lewens lei wat hierby baat. Dit is in elk geval beter om, terwyl jy griep of verkoue onderlede het, jou aan geen stremmende fisiese aktiwiteite te onderwerp nie. Bly eerder in die bed as om bang te wees dat jy op jou oefensessie gaan uitmis.
’n Besoek aan jou dokter terwyl jy verkoue of griep onder lede het gaan jou nie veel in die sak bring nie en dié sal ook in die meeste gevalle middels voorskryf om die simptome te verlig.
Sodra die laer lugweë geïnfekteer word met ’n bakteriese besmetting sal antibiotika sy doel dien om dit te bestry en dalk longontsteking voorkom. Indien simptome vererger is dit dalk nou die tyd om die dokter te besoek.