RiVo Dramastudente is ysters en sterre
Die RiVo Dramastudente en hul afrigter van die KunsteGrot op Thabazimbi het hulle staal gewys en met uitstekende resultate asook verskeie Kategorie wennerstoekennings verower na afloop van die Pierneef Teater Digitale Kunstefees.
Vyftien hoërskoolleerlinge van Graad 8 tot 12, almal RiVo Dramastudente, het vir hierdie Digitale Kunstefees ingeskryf.
William Niemand, Gr 12, het buiten sy ander prestasies, met die trofee vir Monologue High School Winner 2020 weggestap.

Virtuele teater is ‘n nuwe fase in vermaak wat nou beproef word en is noodsaaklik om te verseker dat hierdie kunsvorm, wat afhanklik is van ‘n lewende gehoor, steeds nie afgeskeep word nie.
Volgens Rita Volschenk van die KunsteGrot het Pierneef Teater beslis ‘n leidende rol gespeel om teater en die talent van dramastudente deur middel van hierdie Digitale Kunstefees lewendig te hou.
Afrigting is deur WhatsApp video-klasse aangebied en hier verdien die KunsteGrot en veral hul afrigter, Rita Volschenk, lof vir die halfuur persoonlike afrigting per week, wat sy op hierdie manier aan elke dramastudent per sessie afgestaan het.
Die studente het hierdie opoffering ter harte geneem en dwarsdeur die inperking het hulle getrou en hard gewerk. Die resultate wat hulle behaal het spreek boekdele.
Beoordeling was streng, tien beoordelaars, en gemiddeld tussen 15 en 20 inskrywings per item. RiVo Drama het 35 items ingeskryf en uitslag is as volg:
Gr 12
Caronay Fouché: Poësie A+; Monoloog A; Prosa A++ (Kategorie wenner)
Dané Coetzee: Poësie A++; Monoloog A++
Kiano Soares: Poësie A+; Prosa A++ (Kategorie Wenner)
William Niemand: Poësie A++; Monoloog A++ (Kategorie Wenner) en trofeewenner van Monologue High School Winner 2020
Caronay Fouche Gr 12 Dané Coetzee Gr 12 Kiano Soares Gr 12 William Niemand Gr 12
Gr 11
Ruben Viljoen: Poësie A++; Monoloog A++ (Kategorie Wenner); Prosa A++
Ruben Viljoen Gr 11 Kadin Soares Gr 10 Lieselotte Smit Gr 10 Nelita Janse van Rensburg Gr 10
Gr 10
Kadin Soares: Poësie A+; Monoloog A+ (Kategorie Wenner)
Lieselotte Smit: Poësie A+; Gedramatiseerde Poësie A++ (Kategorie Wenner); Monoloog A
Nelita Janse van Rensburg: Poësie A+; Monoloog A+
Gr 9
Ané Viljoen: Poësie A+; Monoloog A++; Prosa A++ (Kategorie Wenner)
Izandri Joubert: Poësie A; Monoloog A
Noenoe Coetzee: Poësie A; Monoloog A++ (Kategorie Wenner)
Ane Viljoen Gr 9 Izandri Joubert Gr 9 Noenoe Coetzee Gr 9
Gr 8
Dino Fernandes: Poësie A++ (Kategorie Wenner); Prosa A
Kieran Soares:Poësie A; Monoloog A
Natalie de Castro: Poësie A+; Monoloog A+
Nickie Lintvelt: Poësie A+; Monoloog A+
Dino Fernandes Gr 8 Kieran Soares Gr 8 Natalie de Castro Gr 8 Nickie Lintvelt Gr 8
Rita sê sy is baie trots op hierdie kinders wat dwarsdeur die inperking ongelooflik hard gewerk het. Dit getuig van selfdissipline en deursettingsvermoë.
Die ATKV KunsteGrot Dramafees, wat oorspronklik op 12 Julie sou plaasvind, het ook Digitaal voortgegaan en die inskrywings is reeds aan die beoordelaars gestuur. Die uitslae word teen einde Junie verwag.
Intussen het die afrigting van sommige groepe by die KunsteGrot onder die streng bepalings ingevolge die inperking-voorskrifte hervat. Meer hieroor op ‘n later stadium.