Ongeloofwaardige Begroting weens te min Inligting
Die DA se skaduminister van Finansies, Geordin Hill-Lewis sê dat die begroting wat die minister van finansies, Tito Mboweni, Woensdag voorgelê het, het geen plan bevat om Suid-Afrika teen die impak van die naderende ekonomies krisis te verskans nie.
“Die minister het wel die aaklige waarheid omtrent ons openbare finansiële toestand reg beskryf deur te wys hoe erg dit kan raak tensy daar ’n skielike omkeer is. Buiten dit het die toespraak geklink soos ’n pleidooi aan sy eie party om die ekonomiese hervormings-agenda te ondersteun, eerder as ’n gedetailleerde plan om die skuldkrisis te ontduik. Sonder hierdie detail verloor die toespraak alle geloofwaardigheid.”
Hill-Lewis het daarop gewys dat die geprojekteerde skuldlas sowat R4 triljoen (R4 duisend miljard) of te wel 81,8 persent van die Totale Binnelandse Produk (GDP) teen die einde van die finansiële jaar gaan bereik. Dit beteken dat meer op skulddelging spandeer gaan word as wat die gesondheids- of onderwys-begroting is, die grootste enkele uitgawes op die begroting.
Die grootste kommer is die gebrek aan enige detail oor die voorgestelde R100 miljard wat opsy gesit is vir die ekonomiese pakket vir werkskepping. “Hierdie begin al hoe meer lyk na ’n foefie om die openbare werkskeppende program onder ’n ander naam van stapel te stuur. Hierdie was nie die veerkragtige begroting waarop almal gehoop het nie.”