Reddingsboei van R10 miljard vir SAA geweier
Die sukkelende SAA se versoek vir verdere finansiering van R10 miljard is deur die departement van openbare werke (DPE) afgekeur. Die SAA se sakereddingsplan word hierdeur erg in die wiele gery.
Die versoek deur die SAA vir addisionele R10 miljard is op 2 April per brief gemaak waarin die SAA aandui dat toestemming versoek word om die buitelandse lening limiet met ’n verdere R10 miljard te verhoog.
In antwoord op die brief het die regering dit duidelik gemaak dat geen verdere befondsing gemaak sal word om die lugdiens verder in die sakereddingsplan te ondersteun nie. Ook sal die regering geen waarborge verleen om die SAA in staat te stel om die geld in die buiteland te leen nie. Die brief lui voorts dat die regering geen verdere uitbreiding van die buitelandse befondsing gaan toelaat nie kragtens die onderhouds begroting soos uiteengesit is in die sakereddingsplan.