Editorial

Kieser reageer op DA berig

Thabazimbi se kieser antwoord op DA se verklaring 23 November deur Desire van der Walt

Na aanleiding van ‘n verklaring wat uitgereik is deur Desire van der Walt, LP DA Politieke Hoof van Thabazimbi in die Kwêvoël Thabazimbi nuus gedateer Saterdag, 23 November 2019, wil ek graag die volgende daarop reageer en op rekord plaas.

1. Ek is ‘n jarelange inwoner van Thabazimbi en derhalwe ‘n kieser en VF Plus aktivis en is geskok en verstom oor die blatante leuns en misleidende inligting wat in die berig verskaf word. Dit is vir my duidelik dat die berig daarop gemik is om die kiesers van Thabazimbi te mislei en om goedkoop stemme te werf deur leuns te versprei aan kiesers.Veral so kort voor die Tussenverkiesing in Wyk 2.

2. In antwoord op die verklaring wil ek as volg reageer:

a. Dit is inderdaad so dat die DA geleide koalisie bestaan uit die DA, VF Plus, TRA en die EFF. Die VF Plus is in koalisie met die DA en nie die EFF nie ter verduideliking aan oningeligde kiesers.

b. Inderdaad is dit waar dat die munisipaliteit vanaf 2016 onder bedrog en swak bestuur feitlik bankrot was en uitdagings daar gestel is aan die koalisie administrasie.

c. Ondanks verskeie uitdagings wat die koalisie administrasie in die gesig gestaar het wil ek dit duidelik stel dat die DA definitief nie alleen op enige sukses kan aanspraak maak nie.

3. Onder die punt waar u die DA se “noemenswaardige prestasies” uitlig net die volgende:

a. Ek wil dit duidelik stel dat die voorafbetaalde elektisieteitsmeters se installering reeds in 2015 deur die PCMA begin is soos deur die vorige administrasie goedgekeur. Die DA het dus nooit die inisiatief vir hierdie projek geinisieer nie. Ter inligting is daar huidiglik ongeveer 4600 meters geinstalleer van ‘n totaal vooruitbeplande 6600 meters. Die befondsing vir die installasie sou uit ‘n sg “MIG Fonds”gewees het maar weens die swak bestuur en” sleep voet” houding van die munisipaliteit is die fonds na mate gedeeltelik verbeur. Die munisipaliteit sit nou met ‘n skuldlas by die PCMA.

b. U mislei die kiesers deur te beweer dat daar in April 2019 alle muni- substasies opgeknap is. Die waarheid is egter dat die substasies deur PPC Dwaalboom kosteloos opgeknap is.

c. Die aanskaffing van ‘n 1000 asfalt sakke om slaggate in Northam en Thabazimbi te herstel is uiters verdag en doen ek ‘n beroep op u om bewyse van die goedkeuring en aankope van hierdie produk aan die kiesers te openbaar en waar dit aangewend is.

d. Ek wil u duidelik daarop wys dat die aankoop van die handelsgereedskap deur die departement van parke ‘n munisipale proses was en wel met die hulp van die Koalisie gedoen is.

e. Ek is ‘n inwoner van uitbeiding 37 en huiseienaar. Sedert my intrek in daardie uitbreiding het ek gedurigdeur riool reuke gekry en welke ook ander inwoners gepla het. Ek het kontak gemaak met die ontwikkelaars om die probleem aan te spreek en uit te sorteer en is ek deur hulle verwys na die stadsraad. Ek het voortdurend die aanhoudende probleem op groepe geplaas en persoonlik met al die rolspelers in die stadsraad gekontak om die probleem op te los. Net om duidelikheid te gee was die verantwoordelikheid om die riool pompe te instaleer en te onderhou die van die ontwikkelaars. Ek was persoonlik betrokke by die installasie van die riool pomp by die brug wat op die ou eind deur die stadsraad geinstaleer is. Desondanks het ek weer met die stadsraad gekontak en hulle daarop gewys dat die riool uitgepomp word op die spoorlyn na Ellisras welke onwettig geskied.

f. Die DA het geen nuwe voertuig en twee bakkies vir die dept vir water en sanitasie aangeskaf nie en is dit deur die Koalisie aangeskaf. Tensy u die skenking namens die DA gemaak het en waarvan ons dan volle besonderhede verlang,

g. Die verskillende opruimings projekte waarna u verwys is misleidend en leunagtig van aard en wil ek graag meer inligting hê oor die sogenaamde projekte. Ek persoonlik is deurentyd by verskeie opruimings betrokke uit eie bewing as VF Plus aktivis. Ek heg hierby graag fotos aan van die opruimings projekte waarmee ek self besig is.

Fotos van die werk wat ek en VF Plus kiesers gedoen het 23 November 2019

h. Ek wil u graag wys hoe die DA se sogenaamde opruimings projekte lyk nadat u daarmee klaar is. Ek is van mening dat dit niks is om mee op te roem nie en is inteendeel skokkend.

i. Die DA het geensins in 13de Laan die vullis opgeruim nie en is ander instansie soos die TBBV (Thabazimbi Belasting Betaalers Vereniging) waarvan ek die Sekretaris is en Frik Erasmus die Ondervoorsitter is, Inderdaad verantwoordelik vir die opruiming.

j. Volgens my kennis is die elektriese sub stasie opgegradeer deur ESKOM self.

k. Ek verstaan nie wat u bedoel onder die DA bestuur in Thabazimbi wat R 70.5 milj aan kapitaal projekte toegwys het nie. Inderdaad moet dit wees dat die Koalisie daarvoor verantwoordelik was en kan die DA nie alleen hiervoor die erkening verdien nie.

l. Ek versoek die DA om aan my skriftelik bewyse voor te lê van die aanwending van die sogenaamde R 33 milj aan sportfasiliteite en paaie.

m. Ek versoek ‘n skriftelike bevestiging van Jacques Smalle wat bevestig dat swaar arbeidstoerusting aan die munisipalteit verskaf is en waar die befondsing daarvoor bekom is en waar die toerusting huidiglik werksaam is. Ek sal ook ‘n skrywe aan Jacques Smalle rig asook die dept om hierdie aangeleentheid te bevestig.

n. Ek wil u versoek om aan my bewyse te lewer dat die stortings terrein gekompakteer word deur die DA. Ek is bewus daarvan dat die VF Plus ‘n klagte by die MRK ingedien het oor die toestand van die stortingsterrein en ook by die stadsraad oor hierdie aangeleentheid.

o. Na my beste wete en kennis het die munisipaliteit die reëlings getref met die Magaliesraad ten opsigte van die ekstra twee mega liter water per dag.

p. Dit is die uitdaging van die Koalisie om die belastingbetaler se gelde verantwoordelik aan te wend tot voordeel van betalende belasting betalers.

4. Ek is verbaas dat u aanspraak maak daarop dat u die gemeenskap dien kort voor ‘n tussenverkiesing terwyl u duidelik faal in elke opsig van dienslewering aan betalende belasting betalers.

5. Ek praat nie eers van die chaos met die riool in die dorp nie. Dit is die VF Plus wat klagtes oor die riool aan die MRK rapporteur het en werk maak daarvan.

6. Ek is trots om te sê dat ek vir die Vryheids Front staan in die kommende 2021 Munisiplale Verkiesing.

Advertensie geplaas deur: Ertjies de Witt
072 040 5111 / 066 233 4365 – Inwoner van Uitbreiding 37

Berig en foto’s onveranderd geplaas – RED