General

DRK: Veelvuldige ongevalle na vliegtuig in woongebied neerstort

Die BBC berig dat ten minste 27 mense dood is toe ’n ligte 2-motorige vliegtuig met 17 passasiers en twee bemanningslede aan boord in die stad Goma in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo neergestort het.

Onder die ander sterftes is nege lede van een gesin toe die vliegtuig kort na opstyging in ’n digbevolkte woongebied neergestort het.

Vliegongelukke in die DRK vind relatief gereeld plaas te midde van verslapte veiligheidsmaatreëls en swak onderhoud. Dit het tot die gevolg dat vlugte van al die land se lugdienste in die Europese Unie verbied word.

Die 2-motorige Dornier 228 turbine vliegtuig behoort aan die Busy Bee privaat operateur en het sowat ’n minute na opstyging neergestort na bewerings deur bronne dat die vliegtuig probleme met een van die enjins ondervind het.