Business

Saldanha staalwerke: Beplande sluiting onafwendbaar

ArcelorMittal SA (AMSA) het planne bekend gemaak om sy staalaanleg by Saldanha af te skaal tot slegs instandhouding weens die enorme verliese wat die maatskappy op die kort en medium termyn gely het.

Volgens die mediaverklaring het AMSA sy mededingingsposisie op die uitvoermark verloor, hoofsaaklik weens die regulering van die ertsprys op die internasionale markte, asook die lae invoerprys van staalprodukte.

AMSA sê dat die globale staalmark ervaar die wind van voor met die internasionale prys van staal wat vinniger styg as wat die prys van roumateriaal val en waardeur die klein winsgrens heeltemal weggevreet word.

Die situasie word blykbaar deur die swak globale ekonomies groei gekniehalter en is die vraag na staal in Suid-Afrika blykbaar ook op die laagste vlak in tien jaar.

Die afskaling van die staalwerke sal onmiddellik in aksie gestel word en volgens AMSA sal die proses gedurende die eerste kwartaal van 2020 afgehandel wees.

Sowat 500 werkers sowel as kontrakteurs word deur hierdie besluit geraak. AMSA het ook bekend gemaak dat hy eerder sy aandag op die Newcastle werke asook sommige lang-staal wals fasiliteite gaan vestig om die struktuurkoste posisie in die lewering van die diens te verbeter.

Die plaaslike aanvraag na staal sal deur die firma se Vanderbijlpark werke gervul word.

Volgens ekonome word die kleiner besighede in die plaaslike globale mark getreiter met duur en onbetroubare elektrisiteitsvoorsiening en kwaai kompetisie op die wêreld staal-markte. Dit sal beter vir die staal industrie wees om eerder ’n ander nits mark vir sy produkte te vind.

Die ekonoom Dawie Roodt sê dat die wêreldmark baie kompeterend is en om daarin mee te ding moet jy ’n staal-produsent van formaat wees. Saldanha is ook baie ver vanaf sy uitvoermarkte.

Volgens Mike Schüssler, ekonoom, vervaardig China sowat 58% van die totale wêreld se staal. Indien Indië, Japan en Suid-Korea hierby ingesluit word, beteken dit dat die Asiatiese lande sowat 85% van al die staal in die wêreld vervaardig.