VF Plus: Regering onder druk om invoertariewe op staal aan te pas
Jaco Mulder, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder: Handel en nywerheid, sê in ‘n mediavrystelling dat die sluiting van Saldanha Staal die regering onder druk plaas om invoertariewe op staal aan te pas.
Mulder sê verder dat die Suid-Afrikaanse regering word onafwendbaar onder druk geplaas om invoertariewe op staal vir buitelandse rolspelers te verhoog na die aankondiging van die eienaar van Saldanha Staal, ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) dat die aanleg buite Saldanha aan die Weskus gaan sluit met sowat 1000 werksverliese.
Die poging van minister Ebrahim Patel, minister vir handel en nywerheid om Amsa met sy 9000 werknemers kunsmatig te ondersteun met laer kragtariewe en ander kostebesparings, gaan selfs die maatskappy se nasionale bedrywighede nie kan red nie omdat die maatskappy internasionaal nie meer mededingend gestruktueer is nie en moet kompeteer met staatsgesubsidieerde Sjinese maatskappye.
Die koste van staalproduksie internasionaal is aan die styg terwyl die aanvraag afneem. Die regering moet nou die fokus verskuif na die hele Suid-Afrikaanse staalbedryf om sodoende die bedryf in sy geheel met 500 000 werksgeleenthede van ondergang te red.
Die VF Plus gaan volgehoue druk op die minster plaas om invoertariewe van goedkoop staal uit Taiwan en Rusland aan te pas om die plaaslike bedryf te beskerm.