Haval H1 – Die Bekostigbare kompakte Sportnutsvoertuig
Die Haval H1 is beslis jou wegbreek voertuig as jy en jou jong gesin die beton wildernis na die platteland wil ontvlug waar grondpaaie jou voorland is en dit teen ’n bekostigbare prys!
Kom besigtig hierdie tawwe buksie met sy ruim kajuit nou by Haval Rustenburg en oortuig jouself dat sulke waarde vir geld gaan jy nie maklik op ’n ander plek kry nie.
Skakel ons vandag nog vir toetsrit en oortuig jouself.

Ontsnap uit die stadsverkeer met die
Haval H1
Haval se H1-kompakte oorbrugging sportnutsvoertuig het reeds byval gevind by talle Suid-Afrikaners wat wil afwys met die H1 se sportiewe en vars ontwerp en die magdom addisionele toerustings wat standaard deel van hierdie baie bekostigbare voertuig vorm.
Hier onder is beslis die hoë vryhoogte van 180mm waarmee jy vrymoedig beide die stads-oerwoud en grondpaaie kan aanpak. Die 16-duim allooi vellings rond dan ook die gewenste kompakte buksie aansig goed af.

Met robuuste voor en agter bufferpanele, word die sportnutsvoorkoms verder beklemtoon, en die C-pilaar, wat swart geverf is, verleen ’n swewende-daklyn voorkoms aan die H1.
Die moderne ontwerp word ook na die binnekant oorgedra met sy sportiewe instrumentpaneel en geïntegreerde digitale spoedmeter. Die ontwerp sluit in ‘n V-vormige sentrale konsole met die kontroles vir die klankstelsel en die lugversorging. Dit huisves ook ’n groot digitale skerm vir die ander funksies.
Die agterste sitplek split 60:40 en kan ook heeltemal platslaan vir ’n groter bagasieruim. Die kompakte buite-ontwerp asook die verhoogde ryhoogte, dra by tot uitstekend sigbaarheid vanuit die kajuit.
Net soos daar van Haval verwag word, spog die H1 met talle standaard toerusting wat insluit, lugversorger, elektriese vensters en spieëls, klankstelsel met USB en ekstra koppeling asook Bluetooth fasiliteit.
Die bestuurder se rygerief word verder aangevul deur die verstelbare stuurkolom, terwyl die tru-parkeerhulp die bestuurder help om daai lastige, duur skrapies te voorkom wat mens so onbewustelik optel terwyl jy die voertuig parkeer.
Die H1 word aangedryf deur Haval se betroubare 1,5-liter VVT-i enjin wat 69,3kW en 130 Nm wringkrag teen 6 000 rpm lewer. Aandrywing is na die voorwiele deur die vyf-spoed handratkas. Die enjin is ook toegerus met wisselende kleptyd wat nie alleen die uitset verhoog nie, maar ook bydra tot meer ekonomiese brandstofverbruik.

Op die gekombineerde siklus van aanwending is die gemiddelde brandstofverbruik 7,2 liters per 100km – hierdie verbruik hang af van die bestuurder se besondere bestuurstyl en aanwending.
Soos by alle Haval voertuie, is die H1 ontwerp volgens wêreldwye veiligheidstandaarde met ’n omvattende veiligheidspakket. Dit sluit in twee voorste lugsakke, skyfremme op al die wiele, gerugsteun deur ABS met EBD. Isofix kindersitplek monterings en hoogte verstelbare veiligheidsgordels vir die voorste sitplekke. Kinderslotte vir die agterdeure is ook standaard vir die Haval H1 model.
’n Diensplan van 3 jaar of 45 000km is standaard en is by die prys ingesluit. Diensintervalle is 15 000km en Roadside Assistance is geldig vir 5 jaar ongeag kilometers afgelê. Die waarborg is 5 jaar of 100 000km.