EntertainmentGeneral

Thabazimbi Skou bied weereens ‘n Super baba- en kleuterkompetisie

Die Baba- en Kleuter-Fotokompetisie wat jaarliks deur die Thabazimbi Skou, in samewerking met Medhof Apteek aangebied word, was vanjaar tydens hierdie 65 jaar wat die Thabazimbi Skou aangebied word, weereens ‘n groot sukses wat talle inskrywings gelok het.

Soos gewoonlik was daar ook hope pryse en wil Medhof Apteek dan ook hul borge bedank wat hierdie kompetisie moontlik gemaak het:

Klankgrens Gehoor Kliniek, Bibs and Babas baby Boutique, Eagle Mountain Spur, Nativa, Aspen, Cilpa Medrol, Ivo Health, Vita Health, Inova, Ideas Printing, Limpopo Stationers, Twilight Breeze, Chatz connect, USN, SA naturals, Kwêvoël en die fotograaf: Mari Engelbrecht Photography.

Om nie van die gaskunstenaars by name Nelri Benadi, Taryn Stander, Liane Thuynsma, Kiano Soares en Kadin Soares te vergeet nie.

‘n Groot woord van dank ook aan Paul en Thinus wat vir die klank gesorg het.