Grondwethof bevind Openbare Beskermer is onbevoeg vir pos
Die leier van die VF Plus, Pieter Groenewald, sê in ’n mediavrystelling dat die bevinding van die Grondwethof teen die Openbare Beskermer (OB), advokaat Busisiwe Nkhwebane, dat sy onder meer haar mandaat oorskry het, is verdoemend en dat dit inderwaarheid sê dat sy onbevoeg is vir die amp as Suid-Afrika se Openbare Beskermer.
Die Grondewethof het Maandag 22 Julie 2019 bevind dat die OB het ’n groot hoeveelheid onwaarhede in die saak geuiter en haar verslag was nie op deeglike ekonomiese raad gegrond nie. Sy het ook versuim om te verklaar waarom sy nie met die president en die staatsveiligheidsagentskap ontmoet het toe haar ondersoek aan die gang was nie.
Die saak spruit uit ’n verslag van Mkhwebane in Junie 2017 waarin sy beveel het dat Absa ’n bedrag van R1,125 miljard aan die Reserwebank moet terugbetaal. Volgens die OB was dit ’n “reddingsboei” wat die Reserwebank in die apartheidsjare onregmatig aan Bankorp betaal het.
Die hof het bevind die OB haar mandaat oortree, sy was nie eerlik nie en het nie die betrokke partye wat in die verslag genoem word, ontmoet nie.
Dit laat geweldig baie vrae ontstaan oor haar jongste bevindinge wat betref president Cyril Ramaphosa en skep opnuut die indruk dat sy nie onpartydig en objektief is soos van haar verwag word nie.
Die VF Plus versoek dat die ondersoek na Mkhwebane se bekwaamheid en bevoegdheid by die parlement se portefeuljekomitee oor justisie bespoedig word, veral in die lig van die Grondwethof se uitspraak.