Wenners van Medhof Baba-en Kleuter Kompetisie by Skou aangewys
Die tyd het aangebreek vir die jaarlikse Thabazimbi Skou se Baba-en Kleuter Foto-Gala wanneer die wenners die rooi tapyt Saterdag 27 Julie vanaf 09:30 in die Trollope Saal sal betree.
Die Kompetisie word deur Medhof Apteek aangebied en foto’s vir inskrywings is deur Mari Engelbrecht in Medhof Apteek in Thabazimbi geneem.
Die tema vir die kompetisie was die “OSCARS” en aan oorspronklikheid het dit nie ontbreek nie.
Die wenners word uit verskillende kategorieë tussen die ouderdomme 0 tot 5 jaar aangewys. Die afnsy datum van ouderdomme is 27 Julie Saterdag 2019.
Soos gewoonlik is daar talle ongelooflike pryse in die vorm van nuttige geskenkpakke wat deur die borge van die kompetisie, hoofsaaklik verskaffers van Bibs & Babes Boutique en Medhof Apteek, geskenk word. Die ander borge is firma’s buite Thabazimbi en die foto-inskrywings is aan hierdie borge voorgelê om die kategoriewenners van die kompetisie aan te wys.
Tydens die prysuitdeling is daar heelparty gelukkige trekkings, ’n talentkompetisie en selfs ’n kompetisie-dans vir Ouma en Oupa, met of sonder die kleinkinders.
Vir die eerste keer word al die inskrywings wat aan die kompetisie deelneem nou in Kwêvoël geplaas.
Alea van der Merwe Aliyah Fernandes Ava Fisher Brady Celliers Carli-Ann Pretorius Diané Jooste Francois Steyn Hananja Lombaard JG Trichardt Jurgens Pieterse Leah Nel Leané Trichardt Linda Reinecke Lucian Booysen Matthew van Niekerk Mia Beyers Mia Olivier Michaela du Plessis Miched de Lange Mieke Hugo Mienke Heydenrych Mikael Fernandes Zahné Janse van Rensburg Oregolele Mothupi Seth Richards Tiamé Strydom Welri Janse van Rensburg
Kom kuier saam en kyk hoe jou gunsteling baba of kleuter gevaar het. Dalk slaan jy of jou kind ook nog iets in die gelukkige trekking los.
Abigail Hunter Amoré Viljoen Amylee Wolvaardt Behati du Toit Cherize Gildenhuys Christelle Brits Dries Reinecke Duncan Swanepoel Elzené van Rooyen FJ Munnik Gillian Gildenhuys Jakobus Peacock Jeanney Chabane Jessica Chabane Juanre Meyer Juwan van der Merwe Keanu Steyn Leamy van der Merwe Lounelle du Plessis Lynné Botha Malia Hermann Markus Lombaard Melandri du Plessis Miané Heydenrych Mi-Anke Balani Mieke Oosthuizen Owen Cronje Robert du Plessis Rubé Botha Stefan du Preez Suné Nortier Thea Penzhorn Zara Fernandes Zander_Lottering Zeané Munnik
