Die tyd het aangebreek vir die jaarlikse Thabazimbi Skou se Baba-en Kleuter Foto-Gala wanneer die wenners die rooi tapyt Saterdag 27 Julie vanaf 09:30 in die Trollope Saal sal betree.
Die Kompetisie word deur Medhof Apteek aangebied en foto’s vir inskrywings is deur Mari Engelbrecht in Medhof Apteek in Thabazimbi geneem.
Die tema vir die kompetisie was die “OSCARS” en aan oorspronklikheid het dit nie ontbreek nie.
Die wenners word uit verskillende kategorieë tussen die ouderdomme 0 tot 5 jaar aangewys. Die afnsy datum van ouderdomme is 27 Julie Saterdag 2019.
Soos gewoonlik is daar talle ongelooflike pryse in die vorm van nuttige geskenkpakke wat deur die borge van die kompetisie, hoofsaaklik verskaffers van Bibs & Babes Boutique en Medhof Apteek, geskenk word. Die ander borge is firma’s buite Thabazimbi en die foto-inskrywings is aan hierdie borge voorgelê om die kategoriewenners van die kompetisie aan te wys.
Tydens die prysuitdeling is daar heelparty gelukkige trekkings, ’n talentkompetisie en selfs ’n kompetisie-dans vir Ouma en Oupa, met of sonder die kleinkinders.
Vir die eerste keer word al die inskrywings wat aan die kompetisie deelneem nou in Kwêvoël geplaas.

Alea van der Merwe 
Aliyah Fernandes 
Ava Fisher 
Brady Celliers 
Carli-Ann Pretorius 
Diané Jooste 
Francois Steyn 
Hananja Lombaard 
JG Trichardt 
Jurgens Pieterse 
Leah Nel 
Leané Trichardt 
Linda Reinecke 
Lucian Booysen 
Matthew van Niekerk 
Mia Beyers 
Mia Olivier 
Michaela du Plessis 
Miched de Lange 
Mieke Hugo 
Mienke Heydenrych 
Mikael Fernandes 
Zahné Janse van Rensburg 
Oregolele Mothupi 
Seth Richards 
Tiamé Strydom 
Welri Janse van Rensburg
Kom kuier saam en kyk hoe jou gunsteling baba of kleuter gevaar het. Dalk slaan jy of jou kind ook nog iets in die gelukkige trekking los.

Abigail Hunter 
Amoré Viljoen 
Amylee Wolvaardt 
Behati du Toit 
Cherize Gildenhuys 
Christelle Brits 
Dries Reinecke 
Duncan Swanepoel 
Elzené van Rooyen 
FJ Munnik 
Gillian Gildenhuys 
Jakobus Peacock 
Jeanney Chabane 
Jessica Chabane 
Juanre Meyer 
Juwan van der Merwe 
Keanu Steyn 
Leamy van der Merwe 
Lounelle du Plessis 
Lynné Botha 
Malia Hermann 
Markus Lombaard 
Melandri du Plessis 
Miané Heydenrych 
Mi-Anke Balani 
Mieke Oosthuizen 
Owen Cronje 
Robert du Plessis 
Rubé Botha 
Stefan du Preez 
Suné Nortier 
Thea Penzhorn 
Zara Fernandes 
Zander_Lottering 
Zeané Munnik


