Sport

HFM Skuts Presteer by Internasionale Boogskiet Kompetisie

Hoërskool Frikkie Meyer se skuts het die afgelope vakansie gewys dat hulle nie afgeskrik word deur ’n moeilike baan tydens die afgelope Internasionale ARFAC kompetisie wat in Lusaka Zambië vanaf 29 Junie tot 2 Julie 2019 aangebied is.

Sewe HFM leerlinge het deel van die Suid-Afrikaanse span uitgemaak wat aan die kompetisie deelgeneem het en het puik presteer.

Op die foto is die HFM skuts. Voor van links: Ameij Broekhuizen, Jan-Gunter Marais, Bianca Kleynhans en Selkirk von Wielligh. Agter: Cobus Marais Sumarie Marais, RW Fürstenburg en Kruger van Zyl.

In die Junior Afdeling het Sumarie Marais twee Nasionale kwalifiserings geskiet en algeheel vierde in die junior boogjagter afdeling geëindig. Selkirk von Wielligh het as deel van die Proteaspan deelgeneem en wen ’n silwermedalje met twee Nasionale kwalifiserings terwyl Kruger van Zyl, ook lid van die Protea span, vierde in die afdeling eindig met twee Nasionale kwalifiserings. RW Fürstenburg eindig vyfde met ’n Provinsiale kwalifisering.
In die dogters vryskut afdeling het Ameij Broekhuizen ’n goue medalje verower. Sy het ook gesorg vir twee Nasionale kwalifiserings en boonop ’n Afrika-rekord opgestel.
Jan-Gunter Marais het ’n bronsmedalje in die vryskut afdeling behaal en ’n Provinsiale kwalifisering geskiet.
Cobus Marais het homself oortref en het drie Afrika rekords en goud in die Jong Volwasse Vryskut afdeling losgeskiet.

Bianca Kleynhans, leerkrag verbonde aan HFM, was ook deel van die Proteaspan en het ’n goue medalje gewen en twee Nasionale kwalifiserings behaal.

Die volgende groot kompetisie waaraan hulle gaan deelneem is volgende jaar in Estonia Europa.

Foto’s: Hoërskool Frikkie Meyer Facebook