19 Dood na aanval in kerk
Uit Lagos word berig dat ten minste 19 mense Dinsdag dood is nadat daar op hulle met gewere losgebrand is waar hulle ‘n diens in ‘n kerk in sentraal Nigerië bygewoon het.
Onder die gesneuweldes is twee priesters en 17 aanbidders, toe gewapende mans, vermoedelik veewagters, ‘n Katolieke kerk in ‘n afgeleë dorpie in die deelstaat Benue bestorm het terwyl die Oggend Mis bedien is.
Volgens CNN het die mans, vermoedelik Fulani veewagters, ook sowat 50 huise aan die brand gesteek.
‘n Paar dae voor die aanval is 10 inwoners van die dorp deur gewapende mans doodgemaak.
Gewelddadige aanvalle vind gereeld plaas tussen die Moslem Fulani veewagters en die ander boere wat hoofsaaklik Christene is.
Ten minste 72 mense is dood gedurende Januarie na weke lange botsings tussen die nomadiese veewagters en die boere in hierdie sentrale gedeelte van Wes-Afrika land.
Volgens Nigerië se president, Muhammadu Buhari, is hierdie laaste aanval op onskuldige mense absoluut laakbaar. Om die plek van aanbidding te onteer. Om priesters en aanbidders dood te maak is uit die bose en satanies en konsentreer duidelik daarop om godsdienstige konflik te veroorsaak en dompel die gemeenskappe in oneindige bloed- en lewensverlies.
10 Dood toe voertuig deur voetgangers jaag
Die Kanadese polisie het die verdagte bestuurder van ‘n gehuurde voertuig wat Maandag in Toronto Kanada tussen voetgangers ingebars en 10 gedood en nog 15 ander beseer het, in hegtenis geneem en ondervra.
Alhoewel die insident blykbaar vooraf beplan is, is die rede daarvoor nie duidelik nie. Die 25-jarige beskuldigde, Alek Minassian, is ook nie bekend aan die owerhede vir enige misdrywe of verdagte optrede nie.
Die voertuig het omstreeks 13:30 plaaslike tyd op ‘n 2km lange sypaadjie tussen voetgangers ingeploeg en alles wat in sy pad was eenvoudig weggery.
Die polisie het die voertuig ‘n paar strate verder voorgekeer toe die bestuurder van die toneel wou ontvlug en hy uiteindelik oorrompel is.
Mense brand dood in Chinese Karaoke kroeg
‘n Brand in ‘n karaoke-kroeg het vroeër vanoggend die lewe van 18 mense in die stad Qingyuan in die Gaungdong provinsie geëis.
Die brand het Dinsdag, omstreeks middernag plaaslike tyd, in ‘n drie-verdieping gebou uitgebreek nadat ‘n vermeende brandstigter heel moontlik vir die brand verantwoordelik was.
Reuters berig dat ‘n beloning vir die inhegtenisname van ‘n 32-jarige verdagte aangebied word.
Volgens mense op die toneel het die verdagte die enigste toegang tot die gebou met ‘n motorfiets blokkeer en toe die plek aan die brand gesteek. Volgens die polisie het die verdagte self ook brandwonde aan sy arms opgedoen.
China het ‘n baie swak geskiedenis sover dit brande in gebou aan betref. Gedurende 2013 het 121 werkers in ‘n hoenderverwerkingsaanleg in die noordoostelike provinsie Jilin, gesterf toe ‘n brand daar uitgebreek het.

