Kennisgewing – Gebarste pyp rede vir watertoevoer onderbreking

Feature foto

Magalies Water het berig dat ’n gebarste pyp vanmiddag (28 Maart) aanleiding gegee het tot die opskorting van waterlewering aan Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit.

Herstelwerk aan die pyp behoort teen ongeveer 21:00 afgehandel te wees.

Alle verbruikers word gevra om water spaarsaam te gebruik totdat die herstelwerk afgehandel is.

Magalies Water vra verskoning vir die ongerief as gevolg hiervan.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.