Krieket: Gelykopstryd sorg vir opwinding

THABAZIMBI – HFM se krieketspanne het die afgelope naweek die spanne van Ben Vorster van Tzaneen die stryd aangesê. Die eerstespan se wedstryd sorg vir heelwat opwinding met die laaste bal wat geboul is.

Frikkie Meyer kolf eerste en teken 183 lopies in 38.3 beurte aan. Bydraes met die kolf is gemaak deur CJ van der Merwe, Zander Azar, Dewan Deysel en Nimroe Lategan.
Na 38.3 beurte staan Ben Vorster op presies dieselfde telling: naamlik 183 lopies vir die verlies van 9.

Die vierde bal van die beurt bepaal die wenners. Zander Azar sit die boulaanval voort en boul die speler van Ben Vorster skoon om sodoende die wedstryd gelykop te laat eindig.
Nimroe Lategan vaar die beste met die bal en neem 5/41 in sy 10 beurte. Zander Azar ondersteun hom met 2/33.

Die o/15’s het op die krieketveld te Amandelbult hul wedstryd gespeel. HFM kolf eerste en teken 150 lopies aan. Diehann Pretorius, openingskolwer, teken 24 van 43 balle aan en Annema Denton 31 van 47 balle. Diehann neem ook 2 paaltjies in 8 beurte vir 24 lopies. Ben Vorster gaan kolf en behaal die telling met ses paaltjies staande. Aangesien die span van Ben Vorster ‘n gekombineerde o/15 en o/16 span is, kry HFM die ligapunte.

Eerskomende naweek speel die o/15’s in die tweede rondte teen Ben Vorster op Vrydag en teen Merensky op Saterdag. Die eerstes speel tuis teen Merensky.