Skoonmaakdag op Thabazimbi

Voor enige skoon maak aan gerig is.
Voor enige skoon maak aan gerig is.

Na die skoonmaak van die gemeenskap
Na die skoonmaak van die gemeenskap

THABAZIMBI – Die gemeenskap en besighede van Thabazimbi en omgewing het op Maandag 7 Maart ingespring en gehelp om die dorp op te ruim. Vir n geruim tyd loop die groot vullis houers in 13de laan, voor die apteek, agter Spar asook die in die parkeer area by Medhof apteek oor van die vullis.
Na aanleiding van n gesprek op facebook het TBZ Recycling besluit om n skoonmaak dag te loods waartydens al bg houers leeg gemaak is en die areas rondom die houers skoongemaak is. Verskeie besighede in die dorp asook van die boere buite die dorp is genader om hulp.
Die reaksie was werklik oorweldigend en verskeie groot trokke , voorlaiers en trokke met laai kranne is gestuur. Talle inwoners en werknemers het kom help om op te ruim rondom die houers en gemors in die strate op te tel.
Hulle wil graag baie dankie se aan die volgende persone en instansies wat gehelp het en gewys het dat ons in ‘n skoon dorp kan bly nieteenstaande die totale onbevoegdheid van die Thabazimbi Munisipaliteit:
Neels Brits van Azizcor metals
Willem en Ansie Engelbrecht van Anlem trust
Jessica en Natasha van Neo Recycling
Oom Freddie Nel van Bronkies Stene
Chris Parsons van TBC
Jan- Abraham Venter
En elke persoon en werker wat kom help het.
Volgens Joggie Kotzé van TBZ Recycling bly herwinning die enigste lang termyn oplossing vir klein dorpe soos Thabazimbi waar die munisipaliteite onbevoeg is tot dienslewering van dié aard. Daarom het TBZ recycling aan die begin van Februarie die huis tot huis herwinnings projek begin. Met die projek word pienk vullis sakke aan elke huishouding verskaf waar alle herwinbare materiaal geplaas word. Die sakke word dan op Woensdae in die onderdorp ( tot by 13de laan) en Donderdae die bodorp ( van 13de laan tot by die berg ) opgelaai.
Sakke is beskikbaar by Westpack se dienstoonbank. Die diens is gratis. Tans is ongeveer 1800 huise by die projek ingeskakel. Indien u meer inligting wil he oor die projek kan u vir Joggie Kotze skakel by 0603830639 of Pieter Kay by 0718566320.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.