Rooibok ram ster op veiling

Die rooibokram wat die mooi prys van R60 000 tydens die Thaba Manzi Wildlife and Services behaal het.
Die rooibokram wat die mooi prys van R60 000 tydens die Thaba Manzi Wildlife and Services behaal het.

BELA BELA – ‘n Totaal van 226 stuks wild is tydens die Thaba Manzi Wildlife Services se Wildveiling verhandel. Die veiling is op Saterdag 5 Maart by Thaba Manzi se Wildbomas op Bela Bela aangebied. Uit die 226 is ‘n totaal van 184 groot en 46 klein wild vanuit die boma verkoop terwyl 42 groot en 1 klein stuks tydens ‘n katalogusveiling verhandel is.
Tydens die Boma verkoping was dit die rooibokram wat die ster was toe die bod op R60 000 geval het. Die kopers was Karoi Game Breeding and Safaris (Pty) Ltd van Mokopane. Die rooibokram is deur Exlilite CC van Faerie Glenn.
Van die goeie pryse tydens die katalogusveiling was R240 000 vir ‘n Baster Gemsbok vers. Vier leeumannetjies is ook teen ‘n gemiddeld van R90 000 verkoop.
Uit die totale omset van R6,079 miljoen was R2,579 uit die bomaveiling verkoop terwyl die katalogusveiling R3,501 omset gelewer het.
Die afslaer was Niel Swart van Vleissentraal Bosveld.