VLU Northam reeds bedrywig met eerste vergadering

Van links: Tannie Hannetjie vd Merwe, Tersia Coetzee, en Marietjie van der Merwe soek n bietjie kleur vir hulle kaartjies.
Van links: Tannie Hannetjie vd Merwe, Tersia Coetzee, en Marietjie van der Merwe soek n bietjie kleur vir hulle kaartjies.

NORTHAM – Die VLU Northam-tak het met hulle eerste vergadering Op 21 Januarie afgeskop. Tydens die vergadering het elke bestuurslid geleentheid gehad om hul verslae van 2015 voor te lê.
Vir die vrouens was dit lekker om almal weer te sien na die lang feestyd onderbreking. Tydens die vergadering is ook die jaarplan vir 2016 deurgee veral rakende die artikels wat moet ingaan vir beoordeling. Almal is dit eens dat daar nou weer ‘n jaar vol prêt voorlê.
Na die vergadering het Riana Oosthuizen die vrouens gelei met die maak van verjaarsdagkaartjies vir die lede se verjaarsdae.
Almal het weer op hoogte van almal se doen en late tydens die feestyd gekom terwyl hulle kaartjies gemaak, en soos gewoonlik was daar weer lekker gelag.
Om deel te wees van hierdie dinamiese tak vol prêt, kontak gerus hul skakelbeampte René Laas by 073 4299 411