Die oudste werknemer verwelkom haar seun by WES Enterprises

Jacques du Plessis saam met sy gesin
Jacques du Plessis saam met sy gesin

Jacques du Plessis, ‘n gekwalifiseerde Millwright voorheen werksaam by Kumba, sal op 1 Februarie 2016 ‘n voltydse werknemer word by WES Enterprises (Edms) Bpk, op dag en datum presies 21 jaar gelede het sy Moeder, Mev Magriet du Plessis by WES Enterprises Thabazimbi begin werk.
Magriet onthou soos gister die vroeë dae van die ontwikkeling WES se “Vlagskip” en Handelsmerk produk BOSKOS as die oorspronklike, nasionale en internasionale Wildsvoer.
Gedurende Magriet se 21 jaar diens by WES Enterprises, het sy die stem agter die telefoon geword, sinoniem met die professionele en vriendelike diens waarvoor WES bekend staan. Daardeur het sy ‘n suksesvolle, lojale kliëntebasis vir WES opgebou, asook lewenslange persoonlike vriendskappe.
WES is uiters trots om deel te wees van hierdie suksesverhaal, en wil van hierdie geleentheid gebruik maak om Magriet se deugde te besing. As een van Thabazimbi se mees gerespekteerde besighede sien ons uit na Jacques se bydrae tot WES se volgehoue ontwikkeling en sukses.