Wenner van SAVF geskenkpakkie

03-SAVF wenner
Michelle Smit is die wenner van SAVF se geskenkpakkie kompetisie waarvoor persone kon gratis inskryf as hulle ‘n geskenkpakkie laat toedraai het by die SAVF se tafel in Thabazimbi Mall in Desember. Saam met haar op die foto is een van die koördineerders van die projek, Sylvia Smit. SAVF bedank almal vir hul ondersteuning by die stalletjie en mildelike bydraes. Dit is opreg waardeer.