Bekende oorlede

Basjan Visagie, ‘n bekende en geliefde inwoner van Thabazimbi is na ‘n kort siekbed op 21 Januarie oorlede. Basjan laat sy vrou Rachel en twee kinders agter, Ragel en die kinders wil net graag die volgende mense bedank. De MA Buys vir sy besoeke en oproepe. Medi-Clinic en Peglarae personeel, Netcare Cummins, Ds Hennie van der Linde vir besoek gebede en oproepe. Doves, Bets vir pragtige blomme. Die NHSV, kerk en Paul Dreyer vir programme. Dankie aan almal vir al die SMS’e, oproepe ruikers en gebede.