Stokoue rekords verbeter tydens HFM Interhuis atletiek

Mnr C. Camball saam met die blou span dirigente wat die sangbeker gewen het.
Mnr C. Camball saam met die blou span dirigente wat die sangbeker gewen het.
Mnr C. Campbell, Danelle Walters, ZW van Deventer en Kiara Watson van die Wit span wat Interhuis Atletiek wenners was met ‘n groot totaal van 984 punte.
Mnr C. Campbell, Danelle Walters, ZW van Deventer en Kiara Watson van die Wit span wat Interhuis Atletiek wenners was met ‘n groot totaal van 984 punte.

05-HFM interhuis Sangbeker

Die sertifikaat wenners is op die foto: Agter vlnr: Leané du Plooy (Beste senior – Dogter: Baan), ZW van Deventer (Beste Senior Seun: Veld), Jani Senekal (Beste Junior Dogter: Baan) en William Thulani (Beste Junior Seum: Baan). Voor staan Michelle vd Sandt (Beste Senior Dogter: Veld) en Nelson Mamabolo (Beste Senior Seun: Baan). Afwesig: Victor Potgieter (Beste Junior Seun: Veld), Chané Ras (Beste Junior Dogter: Veld asook Algemene beste enkel prestasie van die dag).

Bredan Vermaak saam met Pieter van Deventer – oorspronklike rekordhouer (1983). Bredan het Pieter se rekord vir skyfwerp S0/16 uiteindelik na 32 jaar gebreek.
Bredan Vermaak saam met Pieter van Deventer – oorspronklike rekordhouer (1983). Bredan het Pieter se rekord vir skyfwerp S0/16 uiteindelik na 32 jaar gebreek.
THABAZIMBI – Twee Interhuis Atletiek rekords moes verlede Vrydag swig voor die aanslag van die nuwe generasie. Beide die rekords is deur Pieter van Deventer in onderskeidelik 1981 en 1983 opgestel.
In totaal is vyftien records verbeter, waarvan 7 baan-rekords was en agt velditem-rekords was. Die twee rekords van Pieter van Deventer wat so lank staande was die 32 jaar oue rekord van 41,27m vir skyfwerp So/16 wat deur Brendon Vermaak met ‘n verbeter is asook Pieter se rekord vir spiesgooi So/14 van 39,93m, wat vir 34 jaar gestaan het, wat deur beide De Voux Deysel (43,83m) en Diehan Pretorius (42,38m) verbeter is.
Van die ander rekords wat opgestel is was deur Jani du Plessis vir spiesgooi Do/14 met ‘n afstand van 23,17m; Reggie Moeng 110m hekkies So/16 met ‘n tyd van 16,4 sekondes, Marco Myburgh 400m So/15 met ‘n tyd van 54,5 sekondes en Carmen Strydom spiesgooi Do/15 met ‘n afstand van 30,30m,
Die Witspan het geseëvier met ‘n totaal van 984 punte teenoor die Blouspan se 854 en die Rooispan se 829 punte.
Die Blouspan het daarin geslaag om die sangbeker te wen met 84% en kort op hake was die Witspan met 80%.
Die beste Junior seun baan was William Thulani (So/15 100m hekkies – 740 ASA punte) en die beste Junior veld was Victor Potgieter (S0/15 gewigstoot – 638 ASA punte).
Die beste Junior dogter baan was Jani Senekal (Do/14 90m hekkies – 805 ASA punte) en die beste Junior dogter veld was Chané Ras (Do/14 gewigstoot – 841 ASA punte).
Die beste Senior baan was Nelson Mamabolo (So/16 110m hekkies – 777 ASA punte) en die beste Senior veld was ZW van Deventer (So/19 gewigstoot – 811 ASA punte).
Die beste Senior dogter baan was Leané du Plooy (Do/19 200m – 707 ASA punte) en die beste veld was Michelle van der Sandt (Do/17 gewigstoot – 836 ASA punte).
Die Beste dogteratleet was Chané Ras, wat ook die Algeheel beste enkel prestasie van dag ontvang het. Die Beste seunsatleet van die dag was ZW van Deventer.