Ons sê baie dankie

Namens die Bejaardesorg Trust en al die bejaardes van Huis Immergroen en al die personeel wil ek dankie sê aan die gemeenskap.
Dankie vir die afgelope drie jaar wat u ons gereeld ondersteun het by Shoprite waar ons Kersgeskenke toe draai.
Dankie aan Mark, die Bestuurder en sy personeel van Shoprite wat al die toedraai benodighede skenk. Hiermee dan ek weer ‘n beroep op my gemeenskap. Ondersteun ons weer hierdie jaar asseblief.
‘n Geseënde Kersfees word u almal toegebid.
Marie Steenekamp

Foto vlnr: Mark Willemse, Rudolf Steyn, Ria Stulting, Marie Steenekamp (Koördineerder en Bestuurder van Huis Immergroen) en Celia Molemani.
Foto vlnr: Mark Willemse, Rudolf Steyn, Ria Stulting, Marie Steenekamp (Koördineerder en Bestuurder van Huis Immergroen) en Celia Molemani.