Thabazimbi neem ook deel aan verkiesing

THABAZIMBI – Die vyfde nasionale demokratiese verkiesing het op 7 Mei 2014 plaasgevind. Tydens die geleentheid kon kiesers hulle stem uitbring vir die nasionale vergadering asook die provinsiale regering.
Teen die tyd wat die koerant gedruk is, is al die stemme nog nie getel nie, maar hier volg die nasionale uitslae van die gefinaliseerde stemdistrikte soos geverifieer deur die OVK:
ANC 7198 (55.78%), DA 3426 (26.55%), EFF 1282 (9.93%), VF + 545 (4.22%), UDM 171 (1.33%). Die ander kleiner partye word nie genoem nie.
Die totale stemme wat tot op hede geverifieer is, is 13043, waarvan 12904 geldige stemme was. Die finale uitslag van die verkiesing word môre, 10 Mei verwag.
Die Demokratiese Alliansie het die meerderheid stemme in die volgende stemdistrikte ontvang:
Hoërskool Frikkie Meyer (61.78%), Kromdraai (50%), Leeupoort vakansiedorp (75.5%), Northam Platinum Bliksaal (43.71%), Hester Olivier Plot (57.84%), Thabang Jeugsentrum (46.48%), Thabazimbi vliegveld (58.64%) en Thabazimbi Skouterrein (47.84%).

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.