Seekoei veroorsaak Aprilgrap

THABAZIMBI – ‘n Fase van Eskom het onklaar geraak tydens ‘n wolkbreuk wat Maandag 31 Maart, om en by 13:00 plaasgevind het, tussen die Brits afdraai tot voor Thabazimbi. Dit het veroorsaak dat Thabazimbi-dorp en Regorogile vir etlike ure sonder water was, aangesien die dorp se pompstasie elektrisiteit van daardie lyn ontvang.

‘n Eskomtegnikus is op Maandag uitgeroep, maar ‘n seekoei het die tegnikus ongemaklik laat voel om in die aand te werk en uit vrees vir sy lewe het hy eerder Dinsdag oggend, 1 April teruggekom om dit reg te maak.

Die seekoei insident is op Facebook deurgegee, maar sommige mense het gedink dit is ‘n Aprilgekkedaggrap en teen Dinsdagaand was die waterdruk ten volle herstel.

Ongelukkig het die hoofpyplyn deur die nag skade gekry as gevolg van ‘n mynvoertuig wat by Bobbejaanwater, Kumba, daarin vasgery het.

Volgens die tegniese bestuurder (Cornelius Booysen) neem die herstel daarvan ongeveer 12 ure.

Om op hoogte van sake te bly rakende Thabazimbi en omgewing besoek www.facebook.com/DAThabazimbi.