Sebra’s en Blesbokke wys die pad

 BRITS – Tydens die Maluti Wildvangdienste se wildveiling wat op 21 Maart by hul wildshokke te Brits gehou is, was dit die sebras’s en blesbokke wat goeie pryse behaal het.

Die enigste wit blesbokram is vir R5 400 van die hand gesit, terwyl dit ‘n gewone blesbok-ooi was wat vir die hoogste prys van R4 600 verkoop is.

Die hoogste pryse vir die volgende wild is ook behaal (Manlik/Vroulik):

Blouwildebeeste (R4 600/R4 300), eland (jong bul R 11,500), njala (R 23 000/ R15 000), rooibokke – volwasse (R1 750/R2 900), rooibokke jong ramme (R1 600), rooihartbeesbul (R5 250), vroulike springbokke (R13 000) en volstruiswyfies (R2 300).

Die totale boma omset het R1 037 450 beloop terwyl die 10 njalas wat per katalogis verkoop is ‘n verdere R140 000 bygedra het.

Die veiling is deur Vleissentraal Bosveld aangebied met Stefan Greyling as afslaer.

13-mulati-blesbokke 13-mulati-sebras

Op die foto’s is die blesbokke en sebra’s wat baie goeie pryse behaal het tydens die Maluti Wildvangveiling wat te Brits aangebied is.

 

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.