Hierdie buitengewone groot mango van ongeveer 1.2kg behoort aan plaaslike inwoner, Aletta Theunissen wat op Vrydag 14 Februarie Kwêvoël se kantore besoek het. Dit is die tweede jaar dat hul 5 jaar oue pitboom so ‘n buitengewone groot vrug oplewer. Hulle het geen spesiale bemesting gebruik nie en die boom net gewater.

