Mej Junior SA finalis
THABAZIMBI – Die pragtige 17-jarige Rozelle Bester, ‘n Graad 12-leerling van HFM en verbonde aan Studio III Model Academy, het die afgelope naweek aan die Provinsiale uitdunne van Mej Junior SA deelgeneem wat in Polokwane gehou was. Rozelle het terselfdertyd op Vrydagaand 14 Februarie aan die SA Model Championship uitdunne deelgeneem en is as finalis vir albei items aangewys.