Community

Liewe Marie Steenekamp

Ons lesers skryf:

Dankie, is so ‘n klein woordjie, maar sê tog ook so baie.

Dankie vir jou deernis, omgee, jou harde werk vir alles wat jy vir die gemeenskap doen, alles wat jy vir die bejaardes en die minder bevoorregtes doen, ‘n oor wat jy altyd het om nog almal se klagtes te luister (en ook iets daaraan doen).

Mag jy ‘n vreugdevolle Feestyd beleef. Ons wens jou ‘n voorspoedige en gesonde 2014 toe. Jou goeie dade gaan nie ongesiens verby nie.

Baie liefde

Dankbare Bosveld inwoner